DR Kongo-kiesers begin môre stem

Die Onafhanklike Nasionale Verkiesingskommissie in die Demokratiese Republiek van die Kongo is optimisties oor die komende verkiesings en waarborg dit sal vry en regverdig wees. Sowat 43 miljoen geregistreerde kiesers regoor die land sal môre hul kruisies trek om die volgende president te kies. Die huidige president, Felix Tshisekedi, is een van die kandidate vir die posisie. Volgens die verkiesingskommissie sal kiesers in drie gebiede egter weens geweld as gevolg van rebellebedrywighede nie kan deelneem nie. Uitslae word teen 30 Desember verwag.