DR Kongo, Guinee deur na Afrikabeker-kwarteindronde

Sokker: Die Demokratiese Republiek die Kongo het die sewemalige kampioene van Egipte uitgeskakel om die Afrikabeker-kwarteindronde te haal. Met ʼn gelykoptelling van een-elk na ekstra tyd, het die Kongo Egipte na strafskoppe met agt-sewe verslaan. In die ander wedstryd het Mohamed Bayo in die 98ste minuut ʼn doel aangeteken om Guinee tot ʼn een-nul-sege oor die tien-man-span van Ekwatoriaal-Guinee gelei, en sodoende die eerste keer sedert 2015 die laaste agt te haal.