Dr. Helena woeker weer met katarakte

Die internasionaal-bekroonde dr. Helena Ndume is weer besig met ‘n uitreik om katarakte te verwyder en sodoende ouer Namibiërs se lewensgehalte te verbeter. Sy is tans besig in die Zambezi- en Kavango-streke en opereer op 700 pasiënte. Sy gesels met Kosmos 94.1 Nuus oor die vordering.