Dr. Haufiku: Covid-virus is hier om te bly

Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging het ‘n waarskuwing uitgereik oor die nuwe Covid-variant, Eris, wat tot ernstige simptome kan lei, veral onder ouer mense wat nie ingeënt is nie en verswakte immuun-stelsels het. Die Wêreldgesondheids-organisasie het EG.5 as ‘n variant van belangstelling geklassifiseer, wat verhoogde voorkoms en groei getoon het, maar dit is nog nie gekoppel aan veranderings in die erns van die siekte nie. Volgens die jongste data handhaaf Omikron steeds sy status as die heersende variant in Suider-Afrika, en geen gevalle van die Eris-variante is tot op hede geïdentifiseer nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige Namibiese gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku oor die plaaslike Covid-situasie gepraat…