Dorpsraad moet ontwikkelingsplanne uiteensit

John Mutorwa, minister van werke en vervoer, sê die Rundu-dorpsraad moet openbare platforms soos handelskoue gebruik om sy huidige en toekomstige ontwikkelingsplanne vir die dorp uit te stal en te verduidelik. Hy het by die opening van die Rundu Handelskou gesê die dorp het onmeetbare potensiaal, maar niemand weet wat die dorpsraad se planne vir ontwikkeling van die dorp is nie. Fransiska Thikerete-Kupembona, voorsitter van die skou se reëlingskomitee, sê hulle wil ‘n omgewing skep waar beide groot en klein instellings kan floreer. Vanjaar se skou, wat tot 4 November duur, het 114 uitstallers vergeleke met 103 uitstallers verlede jaar.