Dordabis stoei oor grond, vergadering vandag

Dienslewering and erwe bly ‘n wesenlike uitdaging in Namibië en vanoggend om 11-uur sal ‘n vergadering op Dordabis in die verband plaasvind. ‘n Bakleiery het op die nedersetting voorgekom na ’n groep ontevrede inwoners besluit het om grond onwettig te beset en strukture op te rig. Dit is ‘n verdeelde gemeenskap, gelei deur ‘n verdeelde, ontbinde gemeenskapsontwikkelingskomitee. Die een kant sê die wag vir grond en dienste is te lank en die ander meen die regering doen alles in sy vermoë om grondlewering te bespoedig. Daar is bewerings dat faksies water herlei en die tenks, wat die gemeenskap moet voorsien, nou leeg is. Die Khomas-streeksraad se betrokke amptenare sal die vergadering bywoon.