Dooie burgerlikes twee keer meer in Oekraïne

Die liggame van meer as 900 burgerliks is in die omgewing van die Oekraïnse hoofstad gevind nadat Russiese magte onttrek het. Die Oekraïnse polisie sê 95 persent van dié wat in die teruggeneemde Kiëf-omgewing gesterf het, is doodgeskiet. Die getal dooies is dubbeld die getal wat bykans twee weke gelede deur die Oekraïnse owerhede bekend gemaak is. Volgens die polisie is die slagoffers in die strate gelaat of gedeeltelik begrawe.