Donald Sutherland sterf na ‘lang siekbed’

Die bekende Hollywood akteur Donald Sutherland is dood op die ouderdom van 88 na wat beskyf word as ‘n lang siekbed. Sy seun Kiefer het op X gesê dat sy pa een van die belangrikste akteurs in die rolprent bedryf was. Sutherland, wat in Kanada gebore is, het sy deurbraakrol in 1967 in The Dirty Dozen gehad. Sy voorkeur was altyd diep karakterrolle en hy is in 2017 vereer met ‘n Oscar vir sy buitengewone bydrae tot die rolprent en teater bedrywe.