Dolly belê miljoene in bib, sodat kinders kan lees
Die legendariese sanger, Dolly Parton, se Dollywood-stigting het meer as 800 miljoen Namibiese dollar in die Nashville Openbare Biblioteek belê om sy nuwe vroeë-geletterdheidprogram, Begin Bright, ʼn hupstoot te gee. Die program sal help dat elke kind in Nashville op ʼn vroeë ouderdom begin lees. Volgens die Nashville Public Library Foundation, is hierdie belegging die belangrikste skenking in sy geskiedenis van 27 jaar. Parton sê sy hoop die program sal ʼn groot bydrae lewer om ʼn liefde vir lees by kinders en gesinne te vestig.