Dokters wat internskappe doen eis hulle voordele
Leerlingdokters by Unam is sat en beplan om ‘n demonstrasie te hou om herkenning te kry as staatsamptenare en so, hulle voordele, mediese dekking ingesluit, terug te kry. Dit kom na ‘n hof reeds in November 2023 bevind het dat as gevolg van die ure wat hulle werk, hulle wel staatsamptenare is en geregtig is op die voordele. Een van hulle verteenwoordigers, dr. Tim Endjala sê hulle oorhandig ook vandag ‘n petisie in die verband.