Dokters sonder Grense sluit twee hospitale in DRK

Die internasionale mediese welsynsorganisasie Dokters sonder Grense beplan om twee van sy hospitale in die Demokratiese Republiek van die Kongo te sluit weens sekerheidsvrese. Dit volg nadat ongeïdentifiseerde gewapende mans ‘n konvooi van die groep in die Djugu-gebied aangeval het. Woordvoerder Olivier Maizoue sê hulle het nie ‘n ander keuse as om die mediese geriewe te sluit nie omdat hulle nie die versekering kon kry dat hulle pasiënte en personeel veilig sal wees nie.