Dokters Sonder Grense onttrek na 30 jaar uit Haïti

Dokters Sonder Grense het sy aktiwiteite in Haïti se hoofstad, Port-au-Prince, tot verdere kennisgewing opgeskort. Dit volg ná ʼn dodelike aanval op een van sy ambulanse verlede week waarin twee pasiënte doodgeskiet is. ʼn Noodtoestand geld sedert Maart in Haïti se hoofstad nadat bendes groot dele van die stad met geweld oorgeneem het. Dokters Sonder Grense wat reeds drie dekades in die land teenwoordig is, sê elke dag wat hul aktiwiteite nie kan voortgaan nie, is ʼn tragedie.