Dokter-tekort by Namibiese staatshospitale aangespreek

Die Namibiese gesondheidsminister dr. Kalumbi Shangula, sê die dokters-tekort word in sekere staatshospitale aangspreek. Een van dié hospitale is die Engela-staatshospitaal, die grootste hospitaal in die Ohangwena-streek wat 180 000 mense bedien. Weens sy geografiese ligging besoek Angolese burgers wat oorkant die grens woon, ook die hospitaal. Die hospitaal het net vyf dokters gehad en het nou 14 dokters, waar onder twee spesialiste, gekry. Die dokter-pasiënt-verhouding is nou drasties verminder van 36 000 tot 16 pasiënte. Dr. Shangula het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…