Dokter pleit skuldig oor Matthew Perry se dood

’n Dokter wat aangekla word van die dood van die akteur Matthew Perry het skuld beken in die saak. Dr. Mark Chavez word aangekla van sameswering om die chirurgiese verdowingsmiddel ketamien te versprei. Die 54-jarige het ‘n ketamienkliniek bedryf. Hy is een van vyf wat in Perry se dood aangekla word. Die 54-jarige akteur is in Oktober 2023 dood aan ‘n ketamien oordosis. Chavez het hom blykbaar, deur ‘n middelmandokter, van 50 000 Amerikaanse dollar se ketamien voorsien. Hy is vry op borg tot vonnisoplegging op 2 April 2025.