Doelwit van 10 000 elektriese voertuie teen 2030 is haalbaar

Die Stad Windhoek het by die Zero Emissies-week se opening aangekondig dat Namibië se mikpunt is om teen 2030 sowat 10 000 elektriese voertuie op die land se paaie te hê. Elektriese voertuie verteenwoordig ‘n beduidende verskuiwing in vervoertegnologie. Dit bied ‘n skoner, meer doeltreffende en potensieel meer volhoubare alternatief vir tradisionele fossielbrandstof-aangedrewe voertuie. Kosmos 94.1 Nuus het met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia gesels, sê die doelwit van 10 000 elektriese voertuie haalbaar is.