Doek Letterkundige Fees is op pad!

Doek, in vennootskap met Bank Windhoek, het die tweede uitgawe van die Doek Letterkundige Fees aangekondig wat van 21 tot 24 Augustus by die Goethe-Instituut in Windhoek plaasvind. Die fees is ‘n tweejaarlikse geleentheid en vier die werke van skrywers, digters en visuele kunstenaars wat bygedra het tot Doek! Literêre Tydskrif. Dit poog om die beste van Namibiese letterkunde saam met werke uit Afrika en die Afrika-diaspora ten toon te stel. Kosmos 94.1 Nuus het met die stigter van Doek Letterkundige Fees, Rémy Ngamije, oor die fees gesels.