Dodetal weens vloede in DRK styg tot 400

Die dodetal weens vloede en grondverskuiwings in die oostelike dele van die Demokratiese Republiek van die Kongo het tot 400 gestyg. Volgens die administrateur van die Kalehe-gebied in die Suid-Kivu-provinsie, Thomas Bakenga, het begrafnisse van slagoffers in twee dorpe Sondag begin. Hy sê tot dusver is 142 liggame in Bushushu begrawe en 132 in Nyamukubi, terwyl 26 nog begrawe moet word. Bakenga sê die oorstromings het grondverskuiwings veroorsaak en meer noodhulp en humanitêre hulp is nodig.