Dodetal van voedselfvergiftiging styg tot 15  

Die aantal mense wat in die Kavango-Oos-streek aan voedselvergiftiging beswyk het, het tot 15 gestyg. Dit is deur Walters Kamaya, die woordvoerder van die gesondheidsministerie bevestig. Altesaam 22 lede van ‘n huishouding in die Kayova-nedersetting in die Kavango-Oos-streek is vergiftig en in die Rundu-staatshospitaal opgeneem. Die groep het almal mahangu gemeng met ‘n sediment van ‘n tuisgemaakte bier, mundevere, geëet. Bykomende bloed is getrek en word op die oomblik ontleed, ook vir alkoholvergiftiging.