Dodetal styg ná onluste in vrouetronk in Honduras
Die dodetal na onluste in ‘n vroue-gevangenis in Honduras het tot 48 gestyg. Gevegte het volgens berigte Dinsdag tussen strydende bendes uitgebreek, waarna ‘n tronksel aan die brand gesteek is. Owerhede sê meeste slagoffers is in die brand dood, maar ander is geskiet, gesteek of aangerand. Die President van Honduras, Xiomara Castro het vroeër in reaksie op die geweld die land se minister van veiligheid, Ramón Sabillón afgedank. ‘n Ondersoek is aan die gang om te bepaal hoe gevangenes toegang gekry het tot outomatiese vuurwapens en kapmesse.