Dodetal na tenkwa-ontploffing styg tot 147

Die dodetal in die brandstoftenkwa-ontploffing in die noorde van Nigerië het gestyg tot 147, volgens Jigawa-staat se nooddienste. Dosyne ander is beseer. Plaaslike owerhede sê die voertuig was in ‘n ongeluk na die bestuurder beheer verloor het op die Kano-Hadejia snelweg naby die dorp Majiya. Mense het nie gehoor gegee aan ‘n waarskuwing van amptenare om nie die voertuig te nader nie en die skare het sekuriteitspersoneel oorweldig. Ten spyte van die risiko’s storm toenemende getalle mense na tenkwa-ongelukke, wat algemeen voorkom, om brandstof te herwin wat hulle óf tuis gebruik óf verkoop.