Dodetal in Taiwan-aardbewing styg

Minstens sewe mense is dood en meer as 700 beseer in vandag se aardbewing met ‘n sterkte van 7,4 op die Richterskaal in Taiwan. Amptenare sê die skudding was die sterkste op die eiland in dekades, en waarku oor na-skokke wat nog kan volg. Streng bouregulasies en wydverspreide openbare rampbewustheid het klaarblyklik ‘n groter katastrofe afgeweer op die aardbewing-geteisterde eiland. Dit is geleë naby die samekoms van twee tektoniese plate. Die skudding was die kragtigste sedert die een van 7,6 in September 1999 waarin ongeveer 2 400 mense gesterf het.