Dodetal in Lusikisiki styg tot 18

Die dodetal in die Lusikisiki-skietery in die Oos-Kaap het tot 18 gestyg na ‘n man in die hospitaal beswyk het. Hy was een van die mense wat in twee afsonderlike huise doodgeskiet is. ‘n Twee-maande oue baba het oorleef. Die moorde word ondersoek en die motief is steeds onbekend. Prins Chulumanco Sigcau van die Amapondo Koningshuis het in ‘n onderhoud met Newzroom Afrika meer inligting gegee.