Dodetal in China styg na 21
Die sterftesyfer ná ‘n modderstorting in China se noordwestelike stad, Xi’an, het tot 21 gestyg terwyl ses mense nog vermis word. Beeldmateriaal van die toneel toon ontwortelde bome en rommel wat langs modderige paaie opgestapel lê terwyl reddingspanne met honde na vermiste mense soek. In die suidweste van die land is sowat 81 000 mense uit hoërisikogebiede in die Sichuan-provinsie verwyder. China beleef uiterste weerstoestande sedert die tifoon Doksuri byna drie weke gelede die land se suidelike Fujian-provinsie getref het.