Dodelike waterputte terug in die nuus
Reaksie word ontvang op die dood van ‘n 13-jarige seun in die Oshikoto-streek na hy noodlottige kopbeserings opgedoen het terwyl hy water uit ‘n put wou haal. Hy is in die put laat sak met ‘n tou wat aan ‘n stoel vasgemaak is. Die tou het losgekom en hy het geval, en sy kop het klippe in die put getref. Die tipe voorval kom gereeld voor en Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Ileni Nandjato, oud-joernalis en inwoner en van die streek, oor die omvang van die probleem. Nandjato sê mense is op ‘n punt waar hulle hul lewens in gevaar stel op soek na water wat dalk nie veilig is om te drink nie.