Dodelike M-pokke-stam in Brittanje bevestig

Brittanje het sy eerste geval van ʼn nuwe, gevaarliker M-pokke-stam aangemeld wat met uitbrekings in Afrika verbind word. Die Britse Gesondheid-sekerheidsagentskap sê die persoon het positief getoets vir Clade Ib nadat hy ‘n Afrikaland besoek het. Hy het 24 uur nadat hy teruggekeer het, begin siek voel. Die Wêreldgesondheidsorganisasie het M-pokke in Augustus as wêreldwye gesondheidsnoodsituasie verklaar. Die agentskap sê die pasiënt word bestudeer.