Dobbelgewoontes van Sassa-begunstigdes moet aangespreek word
Rise Mzansi vra die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling om ontvangers van Suid-Afrikaanse Maatskaplike Sekerheidsagentskap-toelaes te beskerm teen verslawing aan dobbelary. Hulle moedig die departement aan om saam te werk met die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging om opvoedings- en beradingsprogramme te skep vir toelae-ontvangers met dobbelprobleme. Makashule Gana van Rise Mzansi sê die departement se gebrek aan ‘n plan teen die groeiende kwessie raak kwesbare groepe wat afhanklik is van maatskaplike toelaes: