DNS-toetse nodig om dooies in Jhb-brand te identifiseer

Die uitvoerende hoof van Forensiese Patologiediens in Gauteng, Thembalethu Mpahlaza, sê DNS-toetse word uitgevoer om die liggame te identifiseer van mense wat in die brand in ‘n gekaapte gebou in Marshalltown in die Johannesburgse middestad dood is. Altesaam 74 liggame is herwin en na die forensiese patologie-laboratorium gestuur. Mpahlaza sê dit sluit in 24 vroue, 40 mans en tien mense waarvan die geslag nie bepaal kan word nie.