DNS bevestig dit was Yahya Sinwar

Israel het bevestig dat Hamas-leier Yahya Sinwar dood is tydens ʼn operasie in die suide van Gaza. Sy liggaam is volgens berigte in die puin van ʼn gebou gevind wat deur ʼn Israelse tenk vernietig is. Die Israelse Weermag sê Sinwar is uitgeken nadat amptenare DNS-toetse en tandarts-rekords nagegaan het. Hy was die baasbrein agter die aanval in Israel op sewe Oktober verlede jaar wat die oorlog in Gaza ontketen het. Israel se president Isaac Herzog sê Sinwar se bose planne was gemik op terreur, bloedvergieting en ontwrigting in die Midde-Ooste.