Djokovic wil eers nog jong sterre tem

Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, beskou die Spanjaard Carlos Alcaraz, die Italianer Jannik Sinner en Holger Rune van Denemarke as die volgende Groot Drie van die spel. Die 36-jarige Serwiër het Sinner gister verslaan om die ATP-jaareindtoernooi vir ʼn rekord sewende keer te wen. Volgens Djokovic wil hy aanhou speel terwyl hy nog die trio kan verslaan.