Djokovic takel Franse Ope met lae verwagtinge
Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, begin vandag sy Franse Ope-veldtog met die hoop om sy 25ste Grand Slam-titel te verower. Die 37-jarige Serwiër speel in die aandskof in Parys teen die Franse promotorskeuse, Pierre-Hugues Herbert. Djokovic is die verdedigende kampioen op Roland Garros, maar het sy spelpeil verloor en het vanjaar nog nie in ‘n enkele eindstryd gespeel nie. Hy sê hy het lae verwagtinge, maar baie hoop.