Djokovic stel Andy Murray as afrigter aan

Novak Djokovic het Andy Murray aangestel as sy afrigter vir die 2025 Australiese Ope. Djokovic hoop om ‘n rekord elfde titel in Melbourne in te palm. Hy sê hy is opgewonde om een van sy grootste teenstanders as afrigter aan dieselfde kant van die net te hê. Murray, wat Djokovic geklop het vir die Amerikaanse Ope-titel in 2012 en Wimbledon in 2013, sê hy wil die 24-malige Grand Slam-kampioen help om sy mikpunte te bereik. Djokovic kon vir die eerste keer sedert 2017 vanjaar nie ‘n Grand Slam wen nie.