Djokovic se pad is oop vir Amerikaanse Ope

Die wêreld se nommer-een tennisspeler, Novak Djokovic, sal vanjaar in die Amerikaanse Ope kan speel. Dit volg nadat die Withuis aangekondig het dat buitelandse reisigers van volgende Donderdag af nie langer teen Covid-19 ingeënt hoef te wees om die land binne te gaan nie. Djokovic, wat al 22 Grand Slams gewen het, het verlede jaar se toernooi noodgedwonge misgeloop weens sy inentingstatus. Hy sal later die maand tydens die Franse Ope probeer om ‘n nuwe rekord van 23 Grand Slams in die mansafdeling op te stel.