Djokovic se pa in effe in die sop

Novak Djokovic se pa woon nie vandag sy seun se halfeindstryd in die Australiese Ope by nie nadat hy afgeneem is saam met aanhangers wat Russiese vlae vashou. Die foto’s van Srdjan Djokovic het gelei tot oproepe om hom by die toernooi te verbied. Hy het egter nie gesê of hy Sondag die Grand Slam-eindstryd gaan bywoon indien sy seun vandag se halfeindwedstryd wen nie. ‘n Video op ’n Australiese YouTube-rekening wat pro-Rusland is, wys hoe Djokovic se pa poseer saam met ’n man wat ’n Russiese vlag vashou met Vladimir Putin se gesig daarop.