Djokovic maak geskiedenis by Roland Garros

Novak Djokovic het geskiedenis gemaak toe hy die mansrekord verbeter het deur sy 23ste Grand Slam-titel in te palm met sy oorwinning in die Franse Ope. Die Serwiër het Casper Ruud van Noorweë met 7-6, 6-3 en 7-5 verslaan om sy derde titel in Parys op te raap. Djokovic en Serena Williams het nou ewe veel Grand Slam-titels met slegs Margaret Court wat op 24 een meer het. Die 36-jarige speler is ook die eerste man wat al vier majors minstens drie keer kon wen. Djokovic, wat nou weer die wêreld se nommer een is, sê hy is ongelooflik bevoorreg om 23 Grand Slams in sy lewe te wen: