Djokovic kan in VSA Ope in Augustus speel

Die wêreld se nommer een tennisspeler Novak Djokovic sal aan die Amerikaanse Ope in Augustus vanjaar kan deelneem. Die Amerikaanse regering het alle noodmaatreëls teen Covid-19 opgehef wat sal geld vanaf 11 Mei vanjaar. Dit beteken Djokovic kan die VSA binnegaan om by die laaste major van die jaar te speel, wat van 28 Augustus tot 10 September gehou word.