Djokovic is gunsteling by Wimbledon

Novak Djokovic van Serwië word as gunsteling beskou om sy agste Wimbledon-titel in te palm nadat die loting vir die grasbaan Grand Slam-toernooi bekendgemaak is. Die tweede gekeurde se strafste mededinging behoort van die topgekeurde Spanjaard, Carlos Alcaraz, te kom. Hulle kan mekaar slegs in die eindstryd raakloop. Die verdedigende vroue-kampioen, Elena Rybakina van Kazakstan, is derde gekeur maar word as ʼn sterk aanspraakmaker om die titel beskou. Dit is ondanks uitstekende kleibaan-seisoene vir die topgekeurde Iga Swiatek van Pole en Aryna Sabalenka van Belarus. Wimbledon begin Maandag.