Djokovic in loting vir Wimbledon

Tennis: Novak Djokovic speel wel op Wimbledon nadat hy vandag by die loting ingesluit is, ten spyte van vrae oor sy fiksheid nadat hy by die Franse Ope onttrek het. Die Serwiër speel teen kwalifiseerder, Vit Kopriva, van die Tsjeggiese Republiek. Wêreld nommer een, Jannik Sinner, speel eerste teen die 32-jarige Duitser, Yannick Hanfmann. Derde gekeurde, Carlos Alcaraz, speel in die eerste ronde teen ‘n kwalifiseerder, Mark Lajal, van Estland. Lloyd Harris van Suid-Afrika meet kragte teen die 19-jarige Amerikaner, Alex Michelsen, nommer 62 op die wêreldranglys. Die toernooi begin Maandag.