Djokovic en afrigter se paai skei

Tennis: Wêreld nommer-een Novak Djokovic van Serwië en sy afrigter van die afgelope vyf jaar se paaie het geskei. Sy vennootskap met die voormalige wêreld nommer-twee, Goran Ivanisevic van Kroasië, het 12 Grand Slam-titels opgelewer. Djokovic se seisoen voldoen tot dusver nie aan sy eie hoë standaarde nie. Hy is in die halfeindstryd van die Australiese Ope en in die derde ronde van Indian Wells uitgeskakel. Hy sê op sosiale media hy en Ivanisevic het besluit hulle paaie skei, maar hy sal altyd die 2001 Wimbledon-kampioen as ‘n vriend beskou.