Djokovic deur na volgende rondte

Tennis: Die verdedigende kampioen, Novak Djokovic, is deur na die Franse Ope se tweede ronde. Die Serwiër het Pierre-Hugues Herbert van Frankryk met 6-4, 7-6 en 6-4 geklop in sy poging om die rekord met ʼn 25ste Grand Slam-titel te verbeter. Die tweemalige naaswenner, Casper Ruud van Noorweë, het die Brasiliaanse kwalifiseerder, Felipe Meligeni Alves, in skoon stelle verslaan. Die Australiër Alex de Minaur en Amerikaner Taylor Fritz spog ook met oorwinnings. Djokovic speel volgende teen die Spanjaard, Roberto Carballes Baena, en sê hy voel goed op die baan.