Djokovic deur na Aussie Ope halfeindronde

Tennis: Die wêreld nommer een, Novak Djokovic, het die halfeindronde van die Australiese Ope gehaal deur die 12de gekeurde Amerikaner, Taylor Fritz, in vier stelle uit te skakel. Die Serwiër het op ʼn warm dag in Melbourne met 7-6, 4-6, 6-2, 6-3 geseëvier om die veldtog voort te sit om sy rekord 11de titel by die Grand Slam-toernooi te verower. Die 36-jarige verdedigende kampioen sê dit was ʼn taai wedstryd.