Djokovic dalk nie by ATP-eindstryd nie

Novak Djokovic het te kenne gegee hy gaan dalk nie aan die gesogte ATP-eindstryd in November deelneem nie, na hy reeds erken het hy het deelname-skedule ingekort. Die Serwiër het verlede jaar die titel in Turyn vir ‘n ongekende sewe keer ingepalm om sy grootste teenstander Roger Federer se ses keer te klop. Die 37-jarige is nou in Bulgarye waar hy die plaaslike held, Grigor Dimitrov, in ‘n vermaaklike vertoonwedstryd in Sofia aangevat het om fondse vir die Bulgaar se stigting in te samel. Dimitrov het met 6-4, 2-6, 10-5 geseëvier.