Djokovic bly op koers vir 100ste titel

Die gewese wêreld nommer een, Novak Djokovic, is steeds op koers om die 100ste titel van sy glansryke loopbaan in China in te palm. Die Serwiër het die Italianer Flavio Cobollo 6-1, 6-2 verpletter om die laaste 16 van die Shanghai Meesterstoernooi te bereik. Die 37-jarige het slegs sewe punte op sy afslaan afgestaan. Djokovic speel volgende teen die Rus Roman Safiullin. Die Amerikaner Jimmy Connors en die Switser Roger Federer is die enigste twee spelers ooit om 100 beroepstoernooie te wen.