Djokovic behaal nog ‘n rekord op Roland Garros

Die tweemalige kampioen, Novak Djokovic, het ‘n oortuigende oorwinning behaal om ‘n rekord 17de keer die kwarteindronde op Roland Garros te haal. Die Serwiër het Juan Pablo Varillas van Peru met 6-3, 6-2 en 6-2 afgeransel om Rafael Nadal verby te steek as houer van die laaste-agt-rekord in Parys. Djokovic se volgende wedstryd is teen die Rus, Karen Khachanov. Die topgekeurde Carlos Alcaraz van Spanje is ook deur nadat hy die Italianer, Lorenzo Musetti, met 6-3 6-2 en 6-2 geklop het. Djokovic sê hy is trots op die rekord: