Djokovic behaal kwarteindronde in Monte Carlo
Die wêreld-nommereen, Novak Djokovic, is die tweede Ope Era-speler wat tien kwarteindrondes by die Monte Carlo Meesters bereik. Die tweemalige Serwiese kampioen het die Italianer, Lorenzo Musetti, met 7-5 en 6-3 geklop. Italië se tweede gekeurde Jannik Sinner het die Duitser, Jan-Lennard Struff, met 6-4 en 6-2 verslaan. In die kwarteindronde takel hy die Deen, Holger Rune, wat die negende gekeurde Grigor Dimitrov van Belarus met 7-6, 3-6 en 7-6 geklop het. Die Griek, Stefanos Tsitsipas en Karen Khachanov van Rusland spog ook met oorwinnings. Djokovic sê hy het goed gespeel: