Djokovic behaal 77-ste halfeindstryd
Novak Djokovic het vir ‘n rekordaantal van 77-keer ‘n Meesters-halfeindstryd gehaal toe hy die Australiër Alex de Minaur in skoon stelle in Monte Carlo geklop het. Die 36-jarige wêreld-nommer-een het die kwarteindstryd met 7-5, 6-4 gewen om vir die eerste keer sedert 2015 die halfeindstryd te haal. Hy het toe die tweede keer die toernooi ingepalm. Djokovic, die oudste man nóg wat die halfeindstryd in Monte Carlo tydens die Ope-era gehaal het, kom nou teen Casper Ruud van Noorweë te staan vir ‘n plek in môre se eindstryd.