Diversifiseer kragopwekking, sê bekommerde LPM
Die Landless People’s Movement, LPM, is bekommerd oor Namibië se elektrisiteitsopwekking. Die Stad Windhoek het onlangs ‘n 10,4 persent elektrisiteitstariefverhoging voorgestel, wat woede onder inwoners veroorsaak het. Namibië voer meeste van sy elektrisiteit in, wat duur is. Kosmos 94.1 Nuus het met Lifazala Simataa, LPM-woordvoerder, gesels, wat sê dat ‘n dringende belegging in gediversifiseerde kragopwekkingsbronne nodig is. Nampower se monopolie moet ook afgebreek word om mededinging te bevorder en koste vir verbruikers te verlaag.