Dit was nie Brockerhoff se eerste uitstappie nie
Die voorsitter van die Windhoek Streekslandbou-unie Hennie Brisley versoek alle boereverenigings wat wild- en veediestal-sake teen Derick Brockerhoff het, of waar daar vermoed word dat hy betrokke was, om dringend in verbinding te tree. Volgens wat verneem word sal Brockerhoff Maandag ‘n formele borgaansoek in die Windhoek-laerhof bring wat Brisley wil teenstaan. Daar word beweer dat Brockerhoff bekend is aan boere in die verband. Dit kom na hy Donderdagoggend saam met Markus Rooinasie in die koppies noord van Olof Palmestraat in Eros betrap is, na bewering met die onafgeslagte karkasse van ‘n koedoe en ‘n gemsbok. Die gesamentlike waarde van die wild is 8 000 Namibiese dollar. Brisley kan by 081 124 0431 gekontak word.