Dit reën lekker by Sukses!

Die plaas Sukses in die Otjozondjupa-streek het vanmiddag goeie reënbuie geniet. Volgens die weerkantoor word verspreide buie in sommige gebiede van die Oshikoto-, Otjozondjupa-, Khomas- en Omaheke-streke verwag. Winderige toestande sal na verwagting regoor die binneland voortduur. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Dirk Potgieter van Sukses, wat uitbrei.