Dit blyk asof alle paaie na die Presidensie in 2024 loop

Sedert Namibië se eerste nasionale verkiesing na onafhanklikheid was dit nog nooit moeilik om die uitslag te voorspel nie. Tydens die presidensiële verkiesing in 2019 het die huidige President Hage Geingob van die Swapo Party 56,3 persent van die stemme gewen. Dr. Panduleni Itula, ‘n tandarts wat ‘n politikus geword het, het 29,4 persent van die stemme ingepalm, en die leier van die amptelike opposisieparty PDM, McHenry Venaani, was in die derde plek met 5,3 persent. Maar met korrupsie-skandale en ‘n werkloosheidskrisis, lyk dit of Namibië ‘n toenemende aantal kandidate vir die 2024-presidentsverkiesing gaan hê. Die voormalige adjunk-uitvoerende direkteur in die ministerie van finansies, Ally Angula, se aankondiging as presidentskandidaat in die 2024-verkiesing volg ‘n bietjie meer as ‘n maand nadat Job Amupanda, leier van Affirmative Repositioning-beweging sy presidensiële ambisies aangekondig het. Joseph Diescho, ‘n Namibiese skrywer en politieke ontleder, het sy mening met Kosmos 94.1 Nuus gedeel…