Dissiplinêre optrede teen Zuma gaan voort

Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, het bevestig die party se dissiplinêre optrede teen die voormalige president Jacob Zuma, gaan voort. Mbalula het die media in Kaapstad na die eerste sitting van die Nasionale Raad van Provinsies toegespreek. Zuma sou vroeër voor ‘n dissiplinêre komitee verskyn het na hy die party se reëls verbreek het met die stigting van die MK-party. Maar na wat berig word is dit uitgestel weens kommer oor veiligheid en vrees vir geweld voor die verkiesing.